# Die Landdroshof in Humansdorp het borgtog geweier aan ‘n sakeman van Gqeberha, Robert Evans, wat aangekla word van moord met voorbedagte rade op sy meisie, Vanessa van Rensburg. Haar liggaam is op Paas-Sondag in sy vakansiehuis op Oesterbaai ontdek. Evans staan ook tereg op aanklag van ontvoering, poging tot moord en regsverydeling. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hof het beslis Evans kon nie buitengewone omstandighede vir borgtog lewer nie en die saak is tot 18 Augustus uitgestel:
NVG verhoed borgtog vir sakeman van Gqeberha wat aangekla word van moord op sy vriendin [KLANK]
ENG-TyaliOnEvans