Skip to content

Atletiek: SASKOK vra ASA vir strategiese benadering met aanstelling van uitvoerende hoof

# Atletiek: Die president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, Barry Hendricks, het Atletiek Suid-Afrika gevra vir ‘n versigtige, strategiese benadering met die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende hoof. Terrence Magogodela is die afgelope vier jaar die waarnemende hoof en ‘n permanente aanstelling word verwag nadat ASA se nuwe raad verkies is. Hendricks maan dat die proses nie verhaas moet word nie en vra behoorlike beplanning, slypskole en ‘n deursigte werwingsproses om leierskaps-mislukkings soos in ander federasies te verhoed.