# Die leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi sê president Cyril Ramaphosa moet ‘n daadwerklike verbintenis tot nasionale sekerheid toon. Gedurende die Verdediging en Militêre Veterane begrotingsdebat, het Zibi kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se verouderde militêre toerusting en die gebrek aan ‘n duidelike Nasionale Sekerheidstrategie gekritiseer. Hy vra vir nuwe leierskap vir die gewapende magte, en verwys na korrupsie en wanbestuur. Hy beklemtoon dat sy party ‘n groter verdedigingsbegroting sal ondersteun as bestuur verbeter en ‘n samehangende strategie om die moderne uitdagings die hoof te bied in die parlement voorgelê word.
RISE Mzansi moedig Ramaphosa aan om daadwerlike belangstelling in nasionale sekerheid te toon