# Die DA maan president Cyril Ramaphosa om onmiddellik met die proses te begin om ʼn plaasvervanger te vind vir die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, advokaat Shamila Batohi. Sy tree na verwagting in Januarie af. Glynnis Breytenbach van die DA sê deel van die oplossing om die Nasionale Vervolgingsgesag reg te ruk is ʼn gekwalifiseerde, bekwame nasionale direkteur aan die stuur. Sy sê Ramaphosa moet ʼn deursigtige proses volg wat openbare deelname en parlementêre beraadslaging insluit om geskikte kandidate vir die pos te vind.
DA sê tyd raak min vir Ramaphosa om nuwe nasionale direkteur van Openbare Vervolgings te vind