# Krieket: Die Nieu-Seelandse kolwer Finn Allen moes weens ‘n voetbesering onttrek aan die komende driehoekige T20-reeks teen Suid-Afrika en die gasheer, Zimbabwe. Hy het die besering opgedoen toe hy vir die San Francisco Unicorns in die Major League gespeel het. Volgens Nieu-Seeland Krieket sal Allen se hersteltydperk bepaal word wanneer hy terugkeer huis toe en ‘n spesialis geraadpleeg het. Die Swartpette word môre in Harare verwag voor hulle eerste wedstryd teen die Proteas volgende Woensdag.
Krieket: Beseerde Finn Allen van Nieu-Zeeland uit driehoekige T20-reeks teen Suid-Afrika en Zimbabwe