Skip to content

Tshwane behaal 98% van sy jaarlikse teiken vir inkomsterverhaling

# Die Stad Tshwane het 40,5-miljard-rand in kontantinkomste vir die 2024/2025-boekjaar verhaal. Dit is 98-persent van sy teiken van 41,3-miljard-rand. Slegs in Junie vanjaar is ‘n rekord van 3,671-miljard-rand ingesamel. Die onderburgemeester, Eugene Modise, skryf die sukses toe aan verantwoordelike bestuur en inisiatiewe soos die amnestieprogram, wat meer as 85-duisend kliënte gehelp het om skuld te vereffen. Modise dring daarop aan dat inwoners voortgaan om dienslewering te ondersteun deur beskikbare betalingsbystand en die e-Tshwane-platform te gebruik.