# Die Vryheidsfront Plus sê hy is gekant teen die ANC in Tshwane se planne om ʼn spesiale raadsvergadering te belê om die stadsbestuurder, Johann Mettler, uit sy amp te verwyder. Dit volg na ʼn brief verlede maand van die Gautengse LUR vir Samewerkende Regering, Jacob Mamabolo, wat verwys na die onderhoudpaneel vir Mettler se aanstelling en sy kwalifikasies onder die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die VF Plus sê dis ʼn berekende stap van die ANC om eerlike administrateurs te verwyder en te vervang met individue wat hulle kan beheer.
VF Plus gekant teen ANC se plan om Tshwane-stadsbestuurder te verwyder