# Tennis: Die tweede-gekeurde Carlos Alcaraz is steeds op dreef vir ʼn derde agtereenvolgende Wimbledon-titel nadat hy die Brit, Cameron Norrie, in die kwarteindronde verslaan het. Die Spanjaard speel in die halfeindronde teen Taylor Fritz van Amerika wat met die Rus Karen Khachanov afgereken het. In die vroueafdeling moes die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, hard veg om die Duitser Laura Siegemund te verslaan om die halfeindronde te haal. Amanda Anisimova van Amerika het die Rus, Anastasia Pavlyuchenkova, geklop om haar eerste Grand Slam-halfeindronde in ses jaar te bereik.
Tennis: Alcaraz en Sabalenka is deur na Wimbledon se halfeindronde