# Rugby: Willie le Roux word Saterdag die agtste Springbok met 100 toetse op sy kerfstok wanneer hulle Italië pak in die tweede toets in Gqeberha. Die span word aangevoer deur Salmaan Moerat terwyl Siya Kolisi nog van ‘n besering herstel. Jasper Wiese se broer, Cobus, Asenathi Ntlabakanye en Ethan Hooker kan hulle buiging van die bank maak, en Manie Libbok en Grant Williams is die nuwe skakelpaar. Afrigter Rassie Erasmus sê Le Roux is ‘n wonderlike spelskepper en hy is verheug dat hy die ongelooflike prestasie behaal.
Rugby: Le Roux word Saterdag die agtste Springbok om in 100 toetse te speel