Skip to content

Tennis: Wimbledon se uitbreidingsplanne word in die hof beveg

# Tennis: Die beplande uitbreiding van die Wimbledon-kompleks word tans in ‘n hofsaak in Londen beveg. Die groep Save Wimbledon Park doen regstappe nadat die All England Club beplanningstoestemming gekry het om die hoofterrein te verdriedubbel teen ‘n geraamde koste van 4,8-miljard-rand. Dit sal 39 nuwe bane insluit en sal die daaglikse toeskouertal van 42- na 50-duisend vermeerder. Die klub wil sy ou gholfbaan herontwikkel, maar teenstanders sê die klub ignoreer beperkings op herontwikkeling wat in 1993 ooreengekom is.