# Tennis: Die wêreld-nommer-vier, Jasmine Paolini, het haar afrigter, Marc Lopez, afgedank nadat sy vroeg uitgeskakel is op Wimbledon. Die 29-jarige Italianer was verlede jaar in die eindstryd, maar het nou in die tweede ronde teen Kamilla Rakhimova van Rusland vasgeval. Die Spanjaard het Paolini in April begin afrig. Lopez is ‘n voormalige wêreld-nommer-drie in die dubbelspel en was voorheen deel van sy beroemde landgenoot Rafael Nadal se afrigtingspan. Paolini het onder sy leiding die Italiaanse Ope gewen, asook die dubbelspel op die Franse Ope saam met haar landgenoot Sara Errani.
Tennis: Paolini dank afrigter af ná nederlaag in Wimbledon se tweede ronde