# Die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap het begin met ‘n omvattende hersiening en opdatering van die Sandton Geïntegreerde Meesterplan vir Vervoer, wat in 2013 aangeneem is. Die 12-maande hersiening het ten doel om die vordering sedert die aanvaar ding van die plan te beoordeel en strategiese vervoerbeplanning te belyn met die ontwikkelende stedelike landskap in Sandton. Die uitvoerende hoof, Themba Mathibe, sê die hersiening weerspieël die stad se verbintenis tot die verbetering van toegang, die vermindering van verkeersopeenhoping en sal ekonomiese insluiting bevorder met goed beplande vervoernetwerke.
Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap hersien Sandton-Vervoermeesterplan