Skip to content

Krieket: Jofra Archer gereed om langverwagte terugkeer te maak in derde toets teen Indië

# Krieket: Engeland se afrigter, Brendon McCullum, sê die snelbouler Jofra Archer is beskikbaar vir insluiting in die span vir die derde toets teen Indië wat Donderdag op Lord’s begin. Die 30-jarige Archer het in Februarie 2021 laas in ‘n toets gespeel weens ‘n reeks beserings aan sy elmboog en lae-rug. Die reeks is gelykop nadat Indië die gashere met 336 lopies verslaan het in die tweede toets op Edgbaston. McCullum sê almal weet waartoe Archer in staat is, en hy hoop hy kan sy spelpeil herwin.