Skip to content

Stad Tshwane verwelkom skenking van gevorderde toerusting vir straling-opsporing uit Amerika

# Die Stad Tshwane het die gevorderde toerusting vir straling-opsporing van Amerika se Departement van Energie verwelkom. Die waarde beloop vyf-miljoen-rand. Dit sluit in persoonlike straling-opspoorders, ‘n VeriFinder-toestel vir die identifisering van straling en ‘n spesiale gevorderde radiologiese rekenaarstelsel vir die Suid-Afrikaanse Kern-energiekorporasie. Die metro sê die skenking is ‘n belangrike stap om die Nooddienste-afdeling toe te rus wat betref chemiese, biologiese, radiologiese en kern-noodreaksie.