# Die Departement van Binnelandse Sake se kantore sal tot 21 Julie elke dag twee uur langer oop wees sodat leerders tydens die skoolvakansie vir hul identiteitsdokumente kan aansoek doen. Spesifieke toonbanke sal aangewys word vir die afhaal en verwerking van slim ID-kaarte en paspoorte. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê hy is bemoedig deur alle klante wat vir ID’s aansoek gedoen het en drie weke of meer wag om die noodsaaklike dokumente af te haal.
Binnelandse Sake verleng werksure