Skip to content

Fietsry: Tour de France-skofwenner onttrek na grusame hoëspoed ongeluk

# Fietsry: Die wenner van die eerste skof van die Tour de France, Jasper Philipsen, moes noodgedwonge aan die 21-dae wedren onttrek, na ‘n grusame ongeluk teen hoë spoed tydens die derde skof. Philipsen en van die ander vinniger deelnemers was deel van ‘n snelren 60 kilometer van die eindstreep by Duinkerken af, toe van die ander ryers teen 70-kilometer per uur voor hom ingeswaai het. Die groen trui wat Philipsen gedra het as ryer met die meeste punte, is tydens die val aan flarde geskeur en hy het ernstige skaafwonde aan sy skouers opgedoen.