Skip to content

Rugby: Verskeie veranderings verwag in Springbokspan vir tweede toets teen Italië

# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus sal na verwagting verskeie veranderings aanbring aan die span vir Saterdag se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Dit volg nadat die Bokke nie heeltemal oortuig het op Loftus nie. Suid-Afrika het ses drieë gedruk teenoor die besoekers se drie vir ‘n oorwinning van 42-24, maar daar is verwag hulle sou baie beter vaar na ‘n rustyd-voorsprong van 28-3. Erasmus sê hy wil soveel as moontlik spelers speelkans gee om diepte te versterk, en verwag die Bokke moet hierdie keer indrukwekkender vertoon.