Skip to content

IVP geskok oor bewerings teen minister van Polisie Senzo Mchunu

# Die Inkatha Vryheidsparty het skok en kommer uitgespreek oor die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings. Hy beskuldig die minister van Polisie, Senzo Mchunu, van sameswering en inmengery by hoëprofiel-ondersoeke. Mkhwanazi beweer ook die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde is ʼn poging om belangrike ondersoeke te ondermyn. Die IVP sê Mchunu moet op spesiale verlof geplaas word en president Cyril Ramaphosa moet onmiddellik ʼn onafhanklike kommissie van ondersoek aanstel om die bewerings te ondersoek.