Skip to content

BOSA sê Spesiale Ondersoekeenheid moet Mkhwanazi se bewerings ondersoek [KLANK]

# Build One South Africa vra president Cyril Ramaphosa om binne 30-dae ʼn ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid in te stel na die bewerings van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het tydens ʼn nuuskonferensie bewerings gemaak van politieke inmenging, insluitend deur die minister van Polisie, Senzo Mchunu, in sommige hoëprofiel-misdaadsake. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die Parlement moet Mkhwanazi, Mchunu en ander betrokke ampsdraers onmiddellik voor die portefeuljekomitee vir Polisie daag:

ENG RogeronMkhwanazi