Skip to content

Ramaphosa gaan optree na KZN-polisiekommissaris se verdoemende bewerings

# President Cyril Ramaphosa sê die verklarings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, veroorsaak ernstige kommer oor nasionale veiligheid en verdien dringende aandag. Mkhwanazi het Sondag tydens ʼn mediakonferensie die polisieminister, Senzo Mchunu, beskuldig dat hy inmeng by ondersoeke en ʼn verskuilde agenda gehad het toe hy die taakspan vir politieke moorde ontbind het. Ramaphosa sê die integriteit van die land se sekerheidsdienste moet beskerm word. Hy sê hy sal optrede in die saak uiteensit wanneer hy terugkeer van Brasilië af.