# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het sy woede uitgespreek oor wat hy noem verkeerde bewerings in ʼn Sunday World-koerantartikel oor sy besluit om aan volgende jaar se plaaslike verkiesing deel te neem. Volgens die artikel is daar tweespalt in die party oor sy besluit om onafhanklik van die ANC deel te neem. Die SAKP sê die artikel bevat geen feitelike inligting nie en is blatante vals inligting. Hy sê die artikel stem ooreen met die mening van individue wat die party vyandiggesind is.
SAKP veroordeel Sunday World-artikel oor besluit om aan plaaslike verkiesing deel te neem