# Motorsport: Lando Norris van McLaren het die Britse Grand Prix gewen in sy eerste sege voor sy tuisskare. Sy spanmaat, Oscar Piastri, wat ʼn tien-sekonde-boete gekry het na omstredenheid met ʼn veiligheidsmotor, was tweede. Nico Hulkenberg van Sauber is derde. Hy het in die 19de plek weggespring en verskyn na 239 pogings die eerste keer op die Formule Een-podium. Lewis Hamilton was vierde in sy eerste wedren op Silverstone in ʼn Ferrari, en Red Bull se Max Verstappen vyfde. Norris het Piastri se voorsprong in die bestuurderskampioenskap tot agt punte verlaag.
Motorsport: Norris wen eerste keer Britse Grand Prix voor tuisskare