# Krieket: Kaptein Wiaan Mulder het ‘n onoorwonne dubbele honderdtal aangeteken met Suid-Afrika op 465 vir vier na dag een van die tweede toets teen Zimbabwe in Bulawayo. Die Proteas het twee vroeë paaltjies verloor nadat hulle ingestuur is om te kolf, maar ‘n vennootskap van 184 lopies tussen Mulder en David Bedingham het die bordjies verhang. Bedingham is uit vir 82 terwyl die tiener Lhuan-dré Pretorius 78 aangeteken het. Mulder, wat vandag op 264 hervat, hou die rekord van hoogste individuele telling tydens sy kapteinsdebuut in ‘n toets.
Krieket: Mulder se dubbele honderdtal plaas die Proteas in beheer in tweede toets teen Zimbabwe