# Ná weke van mooipraatjies het president Donald Trump die Republikeine oortuig om sy binnelandse mega-wetsontwerp te steun. Hy het die wetgewing gister onderteken sê dit is “die grootste wetsontwerp van sy soort in die geskiedenis”. Dit volg ten spyte van kommer oor Medicaid-besnoeiings, ‘n uitbreiding van tekorte en politieke slaggate. Trump het tydens die 4 Julie-piekniek die land se onafhanklikheid gevier asook die grootste wetgewende oorwinning van sy tweede termyn. Daar was ‘n bomwerper-vliegtuigoorvlug as erkenning aan die onlangse aanvalle op Iran, en ‘n vuurwerkvertoning.
Trump onderteken sy mega-wetsontwerp met ‘n oorvlug en vuurwerke