# Tennis: Carlos Alcaraz het gister in vier stelle teen Jan-Lennard Struff gesukkel om die laaste 16 van Wimbledon te haal. Hy sal in die vierde ronde teen Rusland se Andrey Rublev te staan kom. In die vroue-afdeling het die topgekeurde Aryna Sabalenka met die Brit Emma Raducanu afgereken. Sabalenka is ‘n driemalige Grand Slam-kampioen, maar kon nog nooit verder as die halfeindronde by Wimbledon vorder nie. Vroeër gister het die Australiese Ope-kampioen en sesde gekeurde Madison Keys nog een van die vele topgekeurdes geword wat vroeg huis toe is, nadat sy teen Duitsland se Laura Siegemund verloor het.
Tennis: Alcaraz in Wimbledon laaste 16 en Sabalenka troef Raducanu