# Rugby: Die Junior Springbokke het ‘n vroeë agterstand van 14 punte ingehaal om ‘n bonuspuntoorwinning teen die verdedigende kampioen Engeland te behaal by die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Rovigo. Suid-Afrika is na gisteraand se oorwinning van 32-22 nou eerste in Groep A met 10 punte. Engeland is tweede met vyf punte, met Australië derde, nadat hulle Skotland vroeër die dag met 34-24 geklop het. Die laaste ronde groepwedstryde vind Woensdag plaas, met die Junior Bokke teen Skotland en Engeland teen Australië.
Rugby: Junior Bokke klop Engeland in Onder 20 Kampioenskap