# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep vir volle deursigtigheid en aanspreeklikheid, nadat bedrog in die Departement van Onderwys in Mpumalanga se behuisingstoelaagstelsel ontdek is. Dit volg ná die skorsing van twee amptenare wat gekoppel word aan onreëlmatige betalings tussen Julie en November verlede jaar. Pamela Letebele van die vakbond sê almal wat willens en wetens by die skema baat gevind het, moet aanspreeklik gehou word, ongeag hul posisie. Letebele waarsku aanspreeklikheid moet regverdig wees en nie selektief nie: