# Die DA sê hy sal ‘n ANC-geleide koalisie-komplot om die stadsbestuurder van Tshwane, Johann Mettler, te verwyder teenstaan. Die party beskuldig die koalisievennote, insluitend die EFF, dat hulle probeer om Mettler met ‘n polities ontplooide kader te vervang. Die DA sal regsadvies inwin en daag die burgemeester, Nasiphi Moya, uit om haar posisie te verduidelik. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê die aanvalle op Mettler se kwalifikasies en aanstellingsproses is ongegrond en polities gedrewe: