Skip to content

Trump sê briewe oor heffings kan alreeds vandag aan lande gestuur word

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy beplan om alreeds vandag briewe te stuur om die handelsvennote in te lig oor hulle handelsheffings. Onderhandelings om hoër Amerikaanse heffings te vermy, is amper voltooi. Lande sal vanaf 1 Augustus die nuwe heffings betaal. Trump sê die heffings sal tussen 60- en 70-persent en tussen 10- en 20-persent wees. Sy kommentaar kom dae voor strenger heffings in werking sal tree vir baie ekonomiëe wat vir elkeen aangepas is, wat strek van Taiwan tot die Europese Unie.