# Die Amerikaanse Kongres het Donald Trump se omvattende belasting- en bestedingswetsontwerp aanvaar in ʼn betekenisvolle oorwinning vir die president en sy binnelandse agenda. Die Huis van Verteenwoordigers het die wetsontwerp gister aanvaar met 218 stemme teenoor 214. Die Senaat het dit met slegs een stem goedgekeur. Die Kongres se Begrotingskantoor beraam die wetsontwerp kan oor die volgende tien jaar meer as 57-duisend-miljard-rand by federale skuldvlakke voeg en miljoene sonder mediese dekking laat. Dit Withuis ontken dit egter. Trump sal die wet na verwagting vandag tydens ʼn seremonie bekragtig.
Kongres aanvaar Trump se “groot, lieflike wetsontwerp” wat belastings en besteding besnoei