Skip to content

Indiese eerste minister sit planne uiteen vir sterker bande met Afrika

# Die eerste minister van Indië, Narendra Modim het sy planne uiteengesit vir sterker bande tussen sy land en Afrika, met New Delhi wat toenemend meeding met China en Rusland vir ‘n sterker ekonomiese teenwoordigheid op die vasteland. Hy het in ‘n toespraak in die Ghanese parlement beklemtoon dat ‘n groot spoorwegprojek wat laasjaar in Ghana geopen is, gefinansier is deur die Indiese Export-Import Bank. Modi se besoek is die eerste een deur ‘n Indiese leier aan Ghana in dertig jaar. China, Indië se mededinger, is steeds die belangrikste bydraer tot infrastruktuur regoor die vasteland.