# Twee mense is gister dood in ‘n Russiese lugaanval op die sentrale Oekraïnse stad Poltava waar ‘n militêre dienspligkantoor ook beskadig is. Kiëf noem dit ‘n beplande veldtog om sy werwingspogings te ontwrig. Die aanval op Poltava, waarin 47 mense beseer is en wat ‘n brand veroorsaak het by die stad se hoofdienspligkantoor, het gevolg op ‘n hommeltuigaanval naby ‘n werwingsentrum in Kryvyi Rih. ‘n Woordvoerder van Oekraïne se grondmagte, Vitaliy Sarantsev, het in gesprek met die land se staatsuitsaaier gesê die Russiese doelwit is om die mobiliseringsproses te ontwrig.
Oekraïne beskuldig Rusland dat hy lugaanvalle op sy werwingskantore uitvoer