Skip to content

Rugby: Leeus se afrigter verdedig sy besluit om sy seun vir Australiese toer op te roep

# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se afrigter, Andy Farrell, het sy besluit verdedig om sy seun, Owen, na Australië op te roep nadat Elliot Daly sy arm gebreek het teen die Reds. Die afrigter sê die losskakel is die regte keuse vanweë sy speelvermoë en sy ervaring van drie Leeus-toere. Die voormalige Engelse kaptein het die laaste van sy 112 toetse in 2023 gespeel en het pas ‘n beseringsgeteisterde seisoen in Frankryk voltooi. Hy sluit vandag in Sydney by die groep aan voor môre se wedstryd teen die Waratahs.