# Vandag se staking deur Franse lugverkeerpersoneel het die kansellasie van honderde vlugte tot gevolg gehad, wat derduisende passasiers gestrand het aan die begin van die somerseisoen. Frankryk se burgerlike lugvaartowerheid sê lugrederye moet hulle skedules hersien, insluitend vir een van Europa se besigste reisbestemmings, die Charles de Gaulle-lughawe in Parys. Die nuusagentskap AFP berig dat Europa se grootste lugredery, Ryanair, gedwing is om 170-vlugte vir vandag en môre af te las, wat meer as 30-duisend passasiers geraak het.
Staking deur Franse lugverkeerpersoneel laat duisende passasiers gestrand