# Die Stad Tshwane versterk interne beheer om verdere sabotasie aan sy kraginfrastruktuur te voorkom. Dit volg nadat drie amptenare gearresteer is omdat hulle na bewering ʼn transformator van sewe-miljoen-rand by die Laudium-substasie gesteel het. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê hulle sal nie korrupsie duld nie. Die stad belê meer as 500-miljoen-rand in batebeskerming. Dit sluit in werwingsprosesse, strenger toegangsprotokol by substasies en gevorderde sekerheidstelsels om infrastruktuur teen diefstal en sabotasie te beskerm.
Tshwane versterk interne beheer om sabotasie aan kraginfrastruktuur te voorkom