# Rugby: Die Junior Springbokke se hoofafrigter, Kevin Foote, het geringe veranderings aan sy span aangebring vir môre se Wêreld-Rugby-Onder-20-kampioenskaps-kragmeting met Engeland in Rovigo, Italië. Hy het vetroue getoon in die spelers wat Australië in hulle eerste wedstryd 73-17 oorrompel het. Foote het die senter Gino Cupido in die beginspan ingesluit in die plek van Demitre Erasmus, wat siek is, en Erich Visser en Ian van der Merwe op die bank vervang met Ceano Everson en Dominic Malgas. Afskop is sesuur.
Rugby: Foote maak geringe veranderinge aan Junior Bokke se span vir ontmoeting met Engeland