Skip to content

Qantas Lugdiens sê inligting van ses-miljoen kliënte is in kuberaanval bekom

# ’n Kuberkraker het toegang bekom tot ’n databasis met die persoonlike inligting van miljoene kliënte van Qantas-lugdiens in Australië. Qantas sê in ‘n verklaring dat die kuberkraker het ‘n inbelsentrum geteiken en toegang deur ‘n derdeparty-kliëntediensplatform bekom Ses-miljoen name, epos addresse, telefoonnommers, geboorte datums en frequent flyer-passasiers nommers is afgelaai. Die lugdiens sê hulle het verdagte aktiwiteit op die platform opgemerk en dadelik opgetree om dit te beperk. Hulle sê die kraker het nie toegang tot gereelde reisigers se rekeninge, wagwoorde, PIN-nommers of aanmeldbesonderhede bekom nie.