Skip to content

Temba-watersuiweringsaanleg steeds buite werking nadat riool-lek Apiesrivier besoedel

# Die Stad Tshwane sê die Temba-watersuiweringsaanleg bly buite werking nadat ‘n riool-lek die Apiesrivier besoedel het. Die rivier vloei in die Leeukraaldam, wat die aanleg se hoofwaterbron is. Gebiede wat geraak word, sluit in Dilopye, Renstown, Hammanskraal-Wes, Suurman en Refentse. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo sê watertenkwaens is ontplooi om gemeenskappe van water te voorsien. Die aanleg sal sy werksaamhede hervat sodra die gehalte van die rouwater verbeter het, omdat dit tans onveilig is om die water te behandel en versprei.