# Tennis: Iga Swiatek van Pole is deur na die tweede ronde van Wimbledon nadat sy met die Rus Polina Kudermetova afgereken het. ʼn Aantal vroue is ná verrassende nederlae huis toe gestuur. Die derde-gekeurde Amerikaner Jessica Pegula het in skoon stelle verloor teen die wêreld-nommer-82, Elisabetta Cocciaretto van Italië. Die vyfde-gekeurde en Olimpiese kampioen, Zheng Qinwen van China, het teen die Tsjeg Katerina Siniakova vasgeval. Die grootste verrassing was die tweede-gekeurde Coco Gauff van Amerika wat verloor het teen Dayana Yastremska van Oekraïne.
Tennis: Swiatek wen terwyl Gauff, Pegula en Zheng huis toe gaan