Skip to content

Tennis:  Sinner gemaklik deur na Wimbledon twee ronde, Musetti uitgeskakel

# Tennis: Die topgekeurde Jannik Sinner het gister maklik deurgedring na Wimbledon se tweede ronde toe hy sy Italiaanse landgenoot, Luca Nardi, binne ʼn uur en 48 minute in skoon stelle verslaan het. Sinner kon in sy laaste vier toernooie nie die Wimbledon-eindstryd haal nie, maar was wel in 2023 in die halfeindronde. Intussen is die sewende gekeurde Lorenzo Musetti in die eerste ronde deur die kwalifiseerder, Nikoloz Basilashvili, van Georgië uitgeskakel. Musetti se nederlaag beteken 10 gekeurde mans het reeds voor die einde van die eerste ronde uitgeval.