Skip to content

Rugby: Siya se Achilles laat Jesse 67ste Bok-kaptein word

# Rugby: Die senter Jesse Kriel sal die Springbokke Saterdag of Loftus Versfeld teen Italië aanvoer en amptelik die 67ste kaptein word. Kriel is gekies omdat die gewone kaptein, Siya Kolisi, ‘n stywe Achilles-sening het, en daar is as voorsorgmaatreël besluit om hom uit die wedstryd te hou. Afrigter Rassie Erasmus sê Kriel sal die volle 80-minute op die veld bly en hy het daarom besluit om nie die kapteinskap vir Eben Etzebeth te gee, wat die span al voorheen aangevoer het nie. Die wedstryd begin Saterdagmiddag tien-oor-vyf.