Skip to content

EFF spreek kommer uit oor NSFAS se beweerde onreëlmatige betalings vir studenteverblyf

# Die EFF het in ‘n brief aan die waarnemende hoof van die Nasionale Studente Finansiële Hulp Skema, Waseem Carrim, kommer uitgespreek oor beweerde onreëlmatige betalings wat aan vier studenteverblyf tussengangers gemaak word. Die party sê dié maatskappye neem 5-persent van alle transaksies wat tussen NSFAS en akkomodasie-voorsieners gemaak word, wat beteken dat 145-miljoen-rand per jaar deur tussengangers ingepalm word om slegs die betalings te prosesseer. Die EFF dring aan op aanspreekliheid vir die wanbestuur van openbare fondse wat vir studente bedoel is.