# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu vergader volgens Amerikaanse amptenare komende Maandag met president Donald Trump. Die besoek op 7 Julie volg nadat Trump gesê het ʼn skietstilstand in Gaza kan binne ʼn week bereik word. Netanyahu se besoek is nog nie amptelik bevestig nie, maar ‘n amptenaar het anoniem met Sky News gepraat. ʼn Israelse amptenaar in Washington het egter Maandag se vergadering bevestig. Volgens die Hamas-beheerde gesondheidsministerie is 56-duisend-500 mense die afgelope 20 maande in Gaza dood.
Netanyahu en Trump vergader volgende week te midde van oproepe vir skietstilstand in Gaza