# President Donald Trump se besluit om ‘n groot deel van Amerika se befondsing vir humanitêre hulp wêreldwyd op te skort, kan teen 2030 tot meer as 14-miljoen sterftes lei. Volgens navorsing wat Maandag in die mediese tydskrif The Lancet gepubliseer is, is ‘n derde hiervan kinders. Die verslag het verskyn te midde van tientalle wêreldleiers wat in Sevilla, Spanje vergader om deur die Verenigde Nasies die grootste hulppakket in tien jaar aan te bied. Navorsers skat US-AID se geld het van 2001 tot 2021 altesaam 91-miljoen mense van ‘n gewisse dood gered.
Trump se wêreldwye opskorting van befondsing kan oor vyf jaar tot 14-miljoen sterftes lei