# Sokker: Paris Saint-Germain het Lionel Messi se span, Inter Miami, 4-0 verpletter om die kwarteindronde van die Klub-Wêreldbekertoernooi te haal. Afrigter Luis Enrique sê dit was nogal moeilik om Miami te klop. Die Spanjaard sê PSG se spelpeil is tans uitstekend en hulle hoop om in Amerika te seëvier. Inter Miami se afrigter, Javier Mascherano, sê hy is tevrede met sy span se vertoning en voeg by Messi kon sy staal toon ondanks die nederlaag. PSG speel Saterdag teen Bayern Munich vir ʼn plek onder die laaste vier.
Sokker: PSG-afrigter sê dit was moeilik om Messi se span, Miami, te verslaan