# Rugby: Die Junior Springbokke het Sondag in hul Groep A-openingswedstryd teen Australië in die Wêreldrugby onder 20-kampioenskap elf drieë gedruk. Hul afrigter, Kevin Foote, loof sy span vir hul sege van 73-17 nadat hulle Australië vir die grootste deel van die wedstryd, in moeilike toestande uitoorlê het. Die kaptein, Riley Norton, sê dit was ‘n goeie oorwinning teen ‘n uitstekende Australiese span, maar hulle fokus nou op Vrydag se wedstryd teen Engeland, wat Skotland met 56-19 geklop het. Die wedstryd begin om 6 nm in Rovigo.
Rugby: Junior Bokke het oog op Engeland nadat hulle Australië kafdraf in Onder 20-kampioenskap