Skip to content

Vandag is spertyd vir indiening van openbare kommentaar oor hersiening van 1998-Witskrif oor Plaaslike Regering

# Die publiek het tot die einde van vandag om kommentaar in te dien oor die hersiening van 1998 se Witskrif oor Plaaslike Regering. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosi Hlabisa, sê baie munisipaliteite is in die moeilikheid weens swak inkomstebasisse. Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het voorheen beklemtoon dat die witskrif goeie wetgewing was, maar dat dit nie ten volle in werking gestel is nie. Die hersiening het ten doel om plaaslike regering te moderniseer en uitdagings aan te pak wat dienslewering en munisipale prestasie beïnvloed.