# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê 2,8-miljard-rand van die departement se mediumtermynbegroting van nege-miljard-rand word op omgewingsprogramme bestee wat 70-duisend werksgeleenthede sal skep. George het in die Parlement gesê die helfte gaan na openbare werke en bewaringsentiteite soos die Suid-Afrikaanse Parke. Hy sê die hersiene Biodiversiteitsekonomie-strategie sal teen 2036 jaarliks 127-miljard-rand en 397-duisend werksgeleenthede ontsluit. Ten spyte van beperkte befondsing, het die departement ‘n verbintenis tot klimaatsaksie, skoon lug en volhoubare werkskepping.