Skip to content

Tennis: Suid-Afrikaner Lloyd Harris speel in hooftrekking op Wimbledon sonder dat hy moes kwalifiseer

# Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika speel volgende week in die eerste ronde van Wimbledon teen die Belg Zizou Bergs. Die 28-jarige Harris was veronderstel om vir die grasbaan-Grand Slam-toernooi te kwalifiseer, maar het regstreeks tot die hooftrekking deurgedring weens ‘n aantal laat onttrekkings. Verskeie beserings het sy posisie op die wêreldranglys laat tuimel van 31ste in September 2021 tot die huidige 314de. Sy beste vertonings op Wimbledon was in 2021 en verlede jaar, toe hy die tweede ronde bereik het. Die 26-jarige Bergs is nommer-49 in die wêreld.