# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus besef hierdie seisoen gaan ‘n moeilike een wees. Dit begin vanmiddag met die wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad, gevolg deur minstens nog 13 toetse voor die einde van die jaar. Erasmus sê sy twee hoofdoelwitte is om soveel wedstryde as moontlik te wen voor die loting vir 2027 se Wêreldbekertoernooi in Desember gedoen word, en om die diepte in die span uit te bou. Hy wil uiteindelik hê minstens drie spelers moet in elke posisie meeding vir die volgende Wêreldbekertoernooi in Australië.
Rugby: Rassie besef ‘n moeilike seisoen lê vir Bokke voor